maak my vry en ongeskonde
laat my sweef op ragfyn wolke
waar net Jy jou antwoorde fluister
ek is stil en ek luister

kindjiekleef ek aan Jou kleed
Jy is manna belofte vir my honger gees
neem my op vlerke
laat ek met Jou Gees oor die uitspansel sweef

O Morrighan, oergodin
Kraai Moeder neem my saam
van hierdie wêreld tot selfs in Annwn
sy aan sy op die Astrale Baan

(c) 2013 allen simpson