Al ooit gevoel soos plastiek blomme op ‘n graf in ‘n myn dorp, daardie iets wat iemand met deernis geplaas het om afskeid te neem, om liefde te betoon, dan kom ‘n skerminkel (of ‘n mal tannie en glo my ek het dit al gesien) en steel jou van die graf af of jy lê daar in die son en storms en word sanderig van die druppels wat op jou spat. Die gras op die graf om jou word lank en vergete of droog uit en jy lê verlep tussen kolle sand?

Al ooit gevoel soos dit?

(c) 2016 allen simpson

Foto geneem te Rebecca Straat Begrafplaas. Alleen Kopiereg van Hanneliese Bredell en Allen Simpson

Ek het al so gevoel en die liedjie is vir julle wat dit al gevoel het.

Advertisements