soms is die lewe soos die nag
ons is blind agter ons sluiers
tas rond soos molle in die son
soms is ons gelukkig
en kry ‘n Damascus-ervaring
maar
wat
as
jy
nooit
lig
sien
nie

soms is die lewe soos ‘n warm dag
jy sweet jou tabernakel af
probeer alles maar
jy is soos ‘n skilpad op sy rug gekeer
hulpeloos
eli
eli
lama
sabachtani

soms staan ek woordeloos voor my altaar
en hoor Asherah fluister
en die blindheid val weg
die hopeloosheid verdwyn
ons is nie alleen nie
Heil die Moeder, heil!

(c) 2016 allen simpson
Lees meer oor Asherah hier. Dit was lekker om oor Hebreeuse Mitologie te dig 🙂

Foto van Hanneliese by die fontein is die alleen kopiereg van Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements