Al ooit lus gevoel om tou op te gooi…
jy vat ‘n tou en gooi dit in ‘n mik
en hang

(alles loop verkeerd
alles loop so verkeerd jy het seer
in jou siel en…

alles wat jy voor gewerk het
kom tot ‘n val)

al ooit lus gevoel om die tou
op te gooi in ‘n boom
en te hang aan die tou
met jou hande
nie jou nek nie
jou hande
styf vas te hou en te glo
die krag in jou hande
met mening voel klou

dit is wat hoop is
jy hou styf vas (met jou hart)
en laat nie gaan nie
jy doen dit met mening

om jouself te hang en te sterf
is nie die oplossing nie (die galg se gat)
hang eerder aan hoop
maak nie saak of jou hoop
Allah, God, Buddha or Charles Darwin is nie
maak nie saak of jou hoop
net ‘n saadjie is nie
hoop rank en soos wense
groei dit
en altyd is daar ‘n ietsie wat na jou kant toe kom
iets onverwags
iets moois
want dit is wat hoop bring…

iets moois

(c) 2016 allen simpson

Foto deur Allen Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements