Sirenes wat lui in die nag
die sterre weerhou hul prag
bomme wat val soos eiers uit ‘n boom
die aarde breek uit sy soom

is dit die prentjie wat wag
nog ‘n oorlog gebeur
manne in swart pikkewyn drag
maak sleg-besluite wat die normale man siel-slag

elkeen is so lief om te sê:
‘God vergewe ons wat ons doen’
tewyl druppels bloed van rooi hande afspoel
en aasdiere in miljoene krioel

gaan ons wêreld vergaan soos Eliot sê
nie met ‘n knal maar met ‘n kreun
nie met ‘n knal maar met ‘n kreun

(c) 2016 allen simpson
geinspireer deur T.S Eliot

Foto: Allen Wolfie Simpson

Model: Hanneliese Bredell

Advertisements