steen engele huil in die reën
waarheen waarheen
die dag is lank maar die nag nimmereindig
en ‘n daar is ‘n stilte in die storm
wat wag om te breek

verlate alleen net in die reën
staan hulle en speel getuie
van ‘n wêreld, dit stort in duie

olie word min, die pryse styg op
almal wil vleis eet maar is op ‘n dieet van sop
plakkampe is al wit en swart
en vermoorde bye en renosters breek die hart

en hier sit jy gevange in jou huis
wil gaan brood koop met jou kar
maar moet honger bly weens die petrol prys
die mensdom is ‘n leuen
daar is niks balans nie, geen

steen engele huil in die reën
waarheen waarheen

(c) 2013 Allen simpson

Advertisements