EK offer my siel nie aan beloftes
ek offer my siel nie aan vrees
ek offer my siel vir die hoop
in die Aarde en die blou blou see
ek gee myself oor aan die Skepper
en Haar liefde vul my hart
en dit loop oor soos ‘n fontein
soos reen val op wagtende grond
so val Haar liefde in die siele
en groei soos bome na die son

Sy kweek in my liefde vir elke wese
spinnekoppe, ou mense, honde en
alles wat in die Skeppingsplan resoneer
Sy gee my rede en lag
en ontverm Haar oor my elke seer

Die Godin is my herberg
vir ewig…

(c) 2013 allen simpson

Foto geneem tussen Westonaria en Potchefstroom in 2015 op Oktober 25.

Advertisements