Kersfees is om die draai en families kom saam om hulle gunsteling dag te vier op 25 Desember… julle weet mos, Eet-Tannie-Sannie-Se-Snaakse-vrugte-koek dag. 3 uit tien van ons sal baie die volgende dag toilet toe moet gaan, twee gaan sweer om nooit weer Tannie Sannie* se vrugte koek te eet nie, vier gaan stil bly in vrees en die laaste een sal seker Oom Kobus* wees wat enige iets kan eet en niks oor kom nie en sommer drie porsies van haar koek gaan eet.

Hoekom doen ons dit oor Kersfees. Eet kos van ons geliefdes en gaan deur die ‘suffering’. Hoekom? Want liefde maak ons selfs potensieele voedsel vergiftiging trotseer.

Ek het ‘n paar snaakse videos gevind op YouTube van kos en besluit om dit met julle te deel.

!. Kaas en Spek Hamburger in ‘n blik

Soos in ‘n blik… Ja nie net kry mens Boelie bief en suiker mielies in blikke nie, in Duitsland sit hulle Hamburgers in blikke. Hier is video bewyse:

!!. Sywurm Papies

Toe ek ‘n jong wolf was het ek sywurms aangehou en moerbei en beet blare gevoer, nooit geweet die oulike wurmpies kan jy koop in ‘n blik vir ete nie… Wel, ek het eenkeer Mopani wurms geproe (Iemand het my R100 gewed, en ek het gewen). Kom ons kyk na die geblikte sywurms…

!!! Takbok

Al takbok geeet. Wel, Kersfees is hier en dalk net dalk vang jy Kersvader en kan Rudolf, Donner of Blitzen vang met jou haelgeweer (as jy regtig honderde kinders reg oor die wêreld se haat op jou rug wil hê.

Daar is baie meer snaakse kosse in dien wêreld. Mense wat poue en leeus eet en erger goed. Nou vra ek jou, wat is die snaakste ding wat jy al geeet het? Se my graag, ek sal jou geheim hou hiehiehie

Advertisements