Water is kosbaar. DIt is seker die kosbaarste ding op Aarde. Op plekke in ons pragtige land is daar water rantsoenering want daar is ‘n tekort daar aan. Die munisiplaiteit van Pretoria het ook die stads burgers gevra om net sekere tye van die week hulle tuine nat te gooi. Maar iets onstellend het ek en Hanneliese opgemerk by die Unie Geboue in Pretoria, gister, Saterdag, die 17de Desember. Wag, kyk na die foto en julle sal sien:

 

Ja, julle sien reg, strome water het geloop van bo die Unie gebou af, water het trappe af gestroom en ons was vies. DIe water het tot by Kerk Straat (of wat die straat se nuwe naam ookal nou is) geloop. Terwyl van ons water spaar het genoeg water getroom oor die Unie geboue om minstens ses huise vir ‘n week van water te voorsien gestroom. Die Hadeda wat in die fot is was die enigste een wat regtig dit geniet het.

Selfs Madiba se standbeeld het gelyk asof hy sy hand opslaan na die berge om te vra hoekom die water so gemors word.

 

 

Wanneer selfs die Unie geboue nie ‘n voorbeeld vir ons kan stel nie, wonder ‘n mens…

Wat de hel!???

 

(c) 2016 allen simpson

Alle fotos die alleen kopiereg van Allen Simpson

 

Advertisements