wanneer die sigarette ‘n tydslyn aandui
van hoelank jy wakker was
en jy besef jou wakkertyd was eergister
en gister na nou
‘n horlosie tik sy monotoon simfonie
soos een dowe noot op die klavier van stilte

wanneer die besef kom
en dit insink
soos ‘n klip
in ‘n rivier

waneer jou oë bagasie kry
die sakke word swaar
wanneer die oë dan val
en jy jou mini koma-paradys vind

daardie wanneer
die skaars wanneer
dan vind jy
‘n ruskans…

eienaardig

(c) 2016 Allen SImpson
Julie 1, 2016 (Geskryf tydens ‘n Pilgrimstog)

Advertisements