Die rooi aarde soek bloed
en breek oop soos ‘n seer wond
‘n pitsweer
jy is ongesond
jou valsheid
jou oppervlakkige vloermoer
staan my nie aan nie
jou valsheid peul uit
soos kankermuf ingewande
van ‘n vrot granaatvrug
jy is vals

(c) 2012 allen simpson

opgedra aan ‘n sekere vent wat daarvan hou om ander mense se gedigte te steel en te repost as hulle eie. Gaan ….um… kalk in riooldam!

Advertisements