murasie
waar ou verf soos vis skubbe hang
aan mure
die mure SELF – dop af
daar is vloere vol gate, knoppe
soos ‘n pok-vervloekte vel

murasie, soos drome
wat oor en oor speel in die hart
jy wens en wens
jy is leeg gegrens
jou wange vas gevang in droogte
waar ‘rivierlope’ aanwys
van trane wat gereen het

Murasie, ek en jy
tussen die skerwe
wie gaan eerste dood
en wie gaan die probleme erwe

murasie
wat droom van stoot skrapers
wat droom van nuwe grond
waar iets nuuts gebore kan word

maar wanneer
‘waneer’ eggo benoud
tot in duisternis…

en dis koud

(c) 2017 Allen Simpson

Advertisements