‘Every night I burn dreaming the crow black dream’ The Cure ‘Burn’

Middernag roep by my deur kosyn
‘n hunkering in fynrefrein
‘n raafdroom wat my laat verdwyn
in die newelmistige droom terein

ek gee jou my bloed soos wyn
in die silwer lig van volmaanskyn
sink jou tande diep in my siel
neem my, my harlekyn

tussen jou woorde, ‘n towerspel
wat’n wonderverhaal vertel
in ‘n raafdroom waar vere val
breek die passie se rivier wal

my woorde is weg in ekstase van jou
as jy jou kleed om my vou
Morpheus, is dit net ‘n droom?
Want werklikheid bars uit sy soom

Koningin ek gee jou my siel soos wyn
In die silwerlig van volmaanskyn
Ons vlug op die raaf se rug
In die satynsagdonker middernag in

En iewers roep die raaf my naam en ons verdwyn saam
En iewers roep die raaf my naam en ons verdwyn saam…

Morpheus, is dit net ‘n droom?
Want werklikheid bars uit sy soom

© 2017 allen wolfie Simpson

geinspireer deur die liedjie Burn van The Cure, rawe en die fliek The Crow

Advertisements