Terwyl ek lustig werk aan my eerste kanker diagnose (met ander woorde, ‘n sigaret rook) dink ek aan die gesegde wat ek al so baie keer hoor in flieks. In die fliek gewoonlik haal die held van die fliek ‘n sigaret uit en steek dit aan en een of ander sot sê:’You know those will kill you.’

Ja rook is gevaarlik en KAN kanker gee en as ek eendag MISKIEN long kanker kry omdat ek rook sal ek nie wonder hoekom nie MAAR in alle eerlikheid, my ma het ‘n klomp vriendinne gehad in hulle 70s en 80s, kanker vry en rokers vir oor die 50 tot 60 jaar.

My punt is dat baie rokers dood gaan aan ouderdom. En ook baie mense gaan dood aan kanker veral long kanker en hulle het nooit sigarette in hulle huis toe gelaat nie. Rook KAN gevaarlik wees maar weet jy om net te gaan piepie kan ook gevaarlik wees want jy kan gly op die badkamer vloer, jou kop stamp, ‘n aar kan bars en jy sterf. Daar is miljoene manier om dood te gaan sonder om te rook EN elke dag sterf daar rokers aan goed wat niks met sigarette te doen het nie soos kar ongelukke, breinvlies ontsteking en mense wat te veel Malema luister en hartaanvalle kry. ‘You know those will kill you too.’

Een sigaret kan die sot uit mense uitbring. Respekteer mense wat rook en hou op om hulle te diagnoseer of om soos ‘n Brakpan teeblaar leser hulle fortuin te vertel. Net soos jy die reg het om jou keuses te maak, gun ander mense die reg om ook vir hulle self keuses te maak.

As jy wil hê iemand moet ophou rook, bid eerder dat hulle self die keuse maak en bid dat hulle die krag van Bo, Onder, Links of Regs of wat jy ookal in glo sal kry om dit te kan doen.

Wees goed vir jou medemens en respek hulle lewenstyl.

Groei. Leef. Liefde.

Wolfie

Advertisements