die nag is donker en diep
die uile gee roep aan die aand
ek luister na die aand se lied
daar is heimwee oor elke ster gegiet…
Onder die Wolfmaan

tussen die wilgers en die stroom
hoor ek ‘n padda lament,
en iewers grom ‘n kat ‘n dreigement
maar daar is vrede in die Nag
hoor Haar stil lag
as ek kniel op die grond
en kyk na Moeder Maan
swanger en vol

en

iewers begin honde ween
die oerwolf in hulle gewakker
dis mooi hulle, roep met mag
ver in die misterie van die nag
hoor ek ook die roep van die Wolfmaan

my vel bars
my bene knars
my pyn is groot
maar groter is die glorie
my transformasie
my skadu verander van man na dier
ek gee in tot Moeder Natuur
Onder die WolfMAAN….

(C) 2013 allen simpson
in sekere kulture is die Volmaan aan die einde van Januarie die Wolfmaan. Nou watse Wolfie digter kan dit weerstaan om nie ‘n gedig daaroor te doen nie. Nog ‘n lekker Afrikaanse weerwolf gedig van my af.

Ek wil net die uiters talentvolle kunstenaares Mariyah Naude bedank vir die pragtige kunswerk wat hier by my gedig is. Ek wil ook dankie sê aan my wolfsuster Celia Kuhn, want sy verstaan die geheime van die wolf en sy sal ook verstaan hoekom ek dankie sê

Advertisements