sing met die krieke, sing van heimwee
‘n ou ou storie
van lank terug se wee
lug kastele wat vlieg oor die see
en iewers ‘n besem
wat ‘n heks styf vas hou
wat droom oor die liefde
en prinse wat trou.

Sing van die liefde,
net ek en jy
‘n liefdes duet
en harte van klei
vorm en maak die harte een
in ‘n ou ou storie
wat nooit sal versteen…

(c) 2012 allen simpson

prentjie van internet muurpapier webwerf gekry

Advertisements