In elke boom ‘n Yggdrasil
waar wortels krul om rots en steen
en wêrelde wag om te ontbloot
in elke nes en elke tak
is die lewe net ‘n boom
waar wind en weer
soms nesse skeur
waar  laksman sy eiers lê
en my kinders op die sypaadjie laat lê

sonbesies sing ‘n song van verdriet
terwyl laksman stilletjies lag
en ek sy kinders onverwag
uitbroei

wie sal die laaste lag?

(c) 2017 allen simpson

Advertisements