‘You are a child of the Universe, no less than the trees and the stars – You have a right to be here…’
– Max Ehrmann

‘N jood staan voor die muur en bid
en wieg in gebeds ekstase
oor die muur is ‘n Moslem ook besig om te bid.
‘N Hindu paartjie sit liefdevol ‘n wierook stokkie biddend voor die voete van ‘n tempel
en iewers is ‘n Cherokee besig om
met ‘n bos sage,
sy liefde vir Die Groot Gees te bestempel

‘N Wicca priesteres staan in liefde in ‘n sacred sirkel
om Moeder Aarde te bejuig

Gebed is liefde
al kan ons mekaar nie altyd verstaan
kom ons breek die mure
gun almal die reg om te bestaan…

Oordeel bring net trots
trots kom tot ‘n val
in ‘n haatsee
sonder wal…

(C) 2012 Allen Simpson

Advertisements