Weet jy ek wonder by myself soms oor snaakse goed en wonder ook wat ander mense se antwoorde sal wees. Kom ons maak dit ‘n speletjie. Ek vra ‘n paar vra en natuurlik antwoord ek die vra myself ook. Hoop iemand speel saam. Ek wil graag sien wat julle antwoord.

Vraag 1: As jy in die Koningkryk van enige Disney Fliek kon bly, watter een sal jy kies en hoekom?

Vir my definitief Neverland van Peter Pan. Ja daar is seerowers en krokkedille maar as jy in Pretoria bly sien jy genoeg Krokkedille elke dag wat nie kan bestuur op die pad nie (en dit sluit mans en vroue in van enige ras, die wolf steriotype nie mense nie) en seerowers, wel ek was al beroof so ‘n Neverland seerower is seker maar niks nie.

Hoekom ek Neverland kies is eintlik die meerminne. Kyk volgens legendes kan die dames sing en verbeel jou net as jy by die huis kom na ‘n dag se krokkedille en seerowers en ‘n meermin sing in haar beste Miemie Coertze stemmetjie Ave Maria vir jou… *sug* Hemels. En dink net aan hoe lekker jy met indiane om die vuur kan dans op die eiland. Peter Pan en Tinkerbelle is nie belangrik nie, maar hulle kan kom kuier as hulle wil. Tinkerbelle moet net nie te veel ‘fairy dust’ gebruik nie en die goed laat ek nie in my huis toe nie. Die wolf het ‘n beleifd teen heavy drugs.

Vraag 2: Iemand maak ‘n fliek oor jou lewe, watter liedjie sal jou tema liedjie wees?

Vir my sal dit definitief The Mission UK se Deliverance wees. Ek was gelukkig genoeg om by een van hulle optredes te wees in Pretoria in die nag klub Shaft en die liedjie gee my goeie memories en die woorde raak my diep. Hier is die video:

Dankie vir die lees, kom dis nou jou beurt. Antwoord my ek wil graag jou antwoorde hoor 😉