Nou die dag het ek jou vrae gevra en weet jy van die wolfmaters het my geinbox en ge-epos en gevra om nog vra te antwoord. Natuurlik se die Wolf nooit nee nie, ek hou mos daarvan om uit teving wat my wolfmaters antwoord. Ek sal so twee maal ‘n week die speletjie met julle speel tot julle moeg raak vir my nuuskierigheid. En soos die Ingelse se ‘Fair is Fair’ so ek sal die vrae self antwoord ook.

Vraag 1 As jy vir ‘n maand op ‘n eiland kon bly, enige plek in die wereld, watse eiland is dit en waar?

Baie mense sal tropiese eilande noem of selfs Engeland maar ek sal graag vir ‘n maand Japan toe wil gaan. Ek moes baie artikel skryf vir my werk oor Japan en het dus die land leer ken. Hulle het die oulikste kos daar soos Sushi en Ramen (nie 2 minute noodles nie, regte ramen). Hulle het koffiekamers daar met oulike temas. Een koffiekamer is byvoorbeeld ‘n vampier koffiekamer waar alles lyk soos ‘n vampier se kasteel binne en ‘n vampier bedien jou, en nee jy sal nie bloed verloor nie, dalk net ‘n paar Yen (Japanese geldeenheid) vir heerlike spokerige geregte. ‘n Ander koffie kamer is ‘n Hasie Koffie kamer. Daar eet en drink jy, was jou hande en speel met hasies (regte hasies, nie dames in playboy bikinis nie). En natuurlik is daar ook Onsen, warmwaterbronne waar jy heen kan gaan en ek is mal oor warmwaterbronne. As kind was ek amper elke vakansie in Warmbad of Badplaas.

Vraag 2 Wie was jou grootste held toe jy agt jaar oud was. Van watter boek of TV reeks is die karakter.

Heidi en Peter
Heidi en Peter

Toe ek agt was (1980) was daar baie reekse waaroor ek mal was soos Three’s Company, Plesier Boot (The Love Boat), Dallas, Little House on the Prairie, Heidi, Magnum P.I., MASH, en Star Trek. Ek het twee helde gehad. Eerste was natuurlik Heidi, sy was ‘n lieftallige, selflose, vrygees wat selfs haar growwe oupa se hart kon versag. Ek het selfs Heidi plate gehad en die goed het ek stukkend geluister.

Mr. Spock
Mr. Spock

My tweede held was Mr. Spock (gespeel deur wyle Leonard Nimoy) van die reeks Star Trek. Ek het gedink die oom het die fantastiesste ore gehad en hy het altyd Captain James T. Kirk se bas gered.

Ek kyk beide reekse nog partykeer as die nostalgie my tref.

Genoeg van my! Jou beurt om my te vertel!!!!

Advertisements