EK het jou gesoek deur my teleskoop
en verlore geraak in Antares
tot my gedagtes weer onderbreek was
dit was weer DAARDIE nag in my onthou
jy, wat soos ‘n skim
tot in my hart kon klim
die dromme van my hart
het hulle eie simfonie geskep
jy was so weerloos en klein
‘n stofkorreltjie

jy was jare myne
en ons het musiek gemaak
soms wanneer my lippe oor jou gestreel het
was ek weggevoer na verre plekke
‘n koffie plekkie in Parys
‘n rots by Lone Creek falls…

maar,
toe verloor ek jou,
my mondfluitjie…

jou musiek, is nou ‘n stille noot

(c) 2017 allen wolfie simpson

Advertisements