Haar liefde is soos wierook, geurig en sag
kinkende water strome vloei in haar lag
smeulend en warm haar passievolle hart
haar empatie suiwer, sy voel saam met jou smart

sy het baie name, sy is baie, sy is een
sy is globaal en sy is alleen
as mense net net die oogklappe wil afhaal
en daardie lig sien wat uit haar straal

Haar geskenke is ewig en etherieël
haar stem is so sag soos ‘n briewie wat streel
haar woorde is suiwer wysheid uit haar hart
haar humor is skoon as dit jou tart

en in sirkels roep haar kinders haar naam
Parvati, Diana, Minerva, Morrighan
almal anders, almal een
Goddelike liefde is waarmee sy seën

*

O dogters en seuns van die maan
juig en vee weg elke traan
oorwin alle seer in die heilige naam
wees sterk, staan vas, in geloof is geen skaam
vir eeue het ons geglo, gebid
en Sy is nog hier en hou jou vas
Sy hanteer elkeen teer soos glas

Sy het baie name, Sy is baie, sy is een
Sy is globaal en Sy is alleen
as mense net net die oogklappe wil afhaal
en daardie lig sien wat uit haar straal

(c) 2017 allen wolfie simpson

)0(

‘n heiden se psalm

Foto geneem Oppiplaas, Foto kopiereg Allen Wolfie Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements