Wee die een wat alleen in die nag loop
En vreemdelinge sleg woorde doop
Die mannetjies-vrou gaan jou vang
En stop in sy sak soos ‘n slang

Hy bly teen die hange van Tafelberg
En vir spotters kan hy hom dik vererg
Hy trek aan soos die soetste bruid
En neem jou weg vir altyd

Baie legendes het ‘n waarheid
Wat ons moet na luister
Want daardie legendes wat oumas on fluister
Maak eintlik sin as jy aan dit dink
Alleen in die nag is vir almal sleg
En kort-kort in die nuus is nog iemand weg
Antjie Somers is miskien net ‘n storie
Tot dit gebeur met jou kind of vrou
En jou lewe word vir ewig rou

Dink aan Van Rooyen en Haarhoff
En my vers maak sin
Al die meisies wat verdwyn het soos ‘n nag skim
Asseblief hou vas die wat jou liefhet
Voor ‘n Antjie Somers hulle skade bring.

© 2017 allen wolfie simpson

Ek dra die gedig op aan al die vermiste persone en die wat vir hulle wag… My gebede met julle

Foto model: Allen Wolfie Simpson
Fotograaf: Hanneliese Bredell

Antjie Somers is ‘n ou legende van die Kaap van ‘n man wat teen die Hange van die Tafelberg gebly het en in die aande soos ‘n vrou aangetrek het en kinders wat stout was of laat uit gebly het ontvoer het en ewig weg gebly het. My ma het my altyd bang gemaak met die legende. Ook volgens ‘n verwysing op Augustus 10, 1866 in die koerantjie ‘The Friend’ van Bloemfontein was daar ook genome van ‘n struikrower wat tydens die bewind van lord Charles Somerset ‘n berugte Kaapse struikrower was.

Gert van Rooyen en Joey Haarhoff is name wat ek as tiener in die 80s baie gehoor het nie die nuus. Daar word beweer dat hulle ‘n klomp tiener dogters ontvoer het en of op geoffer het aan satan of aan pedoefiel ringe verkoop het. Niemand weet regtig wat van die meisies geword het nie, maar toe ek my gedig begin skryf het het ek skielik gedink aan Van Rooyen en Haarhoff.

 

Google gerus hierdie legende of mense vir meer besonderhede

Advertisements