As kind was drome onskuldig
In die reflektiewe oog
Hunker ek nog na

Die jong seun-ek
Wat wêrelde wou tem
Voor realiteit se lem
Dit opgekerf het

Buite ween ‘n hibiskus
Sy geel blomme val
En sterf
Verwensde drome op rooi grond
Maar selfs daar
Kan ‘n saad ontkiem
En drome herskep
Dit vat ‘n mosterdsaad
Maar my hoop is in
Hibiskus geel
Wat in my hart kom speel…

Hoop is die sement van drome

(C) 2013 allen simpson
Ek dra die een op aan die hibiskusboom in my buurvrou se tuin.
Die blomme gee my hoop, en hoop is die sement van drome

Foto kopiereg (c) Allen Wolfie SImpson & Hanneliese Bredell