
Frekwensies faal
en stilte breek deur
‘n steurnis in taal
en woorde word net brokkelklanke
konsonante verdwyn
in die newels van rook ranke
die bottelnek word aangegee
die rocks sing in die are
die brein word ‘n droomwee
dan hoes een deur die donkerste
skuim krioel van sy lippe
en bedwelmd sterf nog ‘n siel
sy vriende breek die steurnis
‘Shit, shit, shit… hy het ge- O.D.’
(c) 2013 allen simpson
Rocks is ‘n straat naam vir dwelms
wat saam met dagga in ‘n bottelnek
gerook word…
Dwelms is ‘n kanker… bly weg.
Foto geneem deur Hanneliese Bredell
Model: Allen Wolfie Simpson
Foto Kuns deur Allen Wolfie SImpson
Foto kopiereg (c) 2017 Allen Wolfie Simpson & Hanneliese Bredell
Januarie 31, 2017 at 4:31 nm
Sjoe dis verskriklik en deur jou woorde beskryf jy die angs wat daarmee saamgaan.Jou en Hanneliese se ontwerp is besonders,Wolfkind!
LikeLiked by 1 person
Januarie 31, 2017 at 4:47 nm
Hanneliese het die foto geneem en toe ontwerp ek hom verder 🙂
Ja, ek dink om ‘n oordosis te kry van dwelms moet angswekkend wees. Ek het, toe ek die gedig geskryf het, dwelm slawe gaan vra hoe dit voel om te O.D. en toe my gedig geskryf…
(Ja digters doen ook navorsing)
LikeLiked by 1 person
Januarie 31, 2017 at 4:53 nm
Jy is die regte een om dit in woorde om te sit!
LikeLiked by 1 person
Januarie 31, 2017 at 5:00 nm
Dankie 🙂
O ja, ek het toe die eerste deel van die storie maar opgesit lol
LikeLiked by 1 person
Januarie 31, 2017 at 5:17 nm
Jy is soos ek.Soms is ek so opgewonde oor ‘n blog,dat ek nie kan wag nie!Klaar daar gelees.
LikeLiked by 1 person
Januarie 31, 2017 at 5:22 nm
Is nogal ne 🙂 EK het Muisnes-koors vandat ek dit begin oortik het hehehehe
LikeLiked by 1 person
Januarie 31, 2017 at 5:24 nm
Solank jy nie regte muisneste het nie..hehe!
LikeLiked by 1 person
Januarie 31, 2017 at 5:28 nm
hehehehehe Hemel nee!!!!
LikeLiked by 1 person
Januarie 31, 2017 at 6:15 nm
😜😂
LikeLike
Februarie 1, 2017 at 8:50 vm
‘en woorde word net brokkelklanke
konsonante verdwyn
in die newels van rookranke’
Mal oor jou woordkeuses hier en ook die eerste strofe, veral ‘brokkelklanke’
LikeLiked by 1 person
Februarie 1, 2017 at 10:27 vm
Dankie 🙂
LikeLiked by 1 person