Toe ek ‘n bog kind was in Standerd 6 het ek ‘n storie begin skryf. Die storie se naam is Muisneste – Stories van Muislandia. Vir vier jaar het ek dit geskryf en die storie in Standerd 9 gestop. Dit was ‘n feeverhaal oor muise, fee, kabouters en trolle. Die stories was geinspireer deur die Fanie en Melanie insetsel van die Huisgenoot en C.J. Langenhoven se Brolloks en Bittergal. Ek het nou onlangs die storie van sowat 100 bladsye ontdek. Dit was geskryf in rooi, groen, blou en pers pen. Ek is besig om dit oor te tik, sommer vir myself. Ek weet nie of ek dit wil publiseer, hier wil deel of sommer net wil tik vir myself nie.

Maar dit verdien om getik te word. Dis vier jaar se werk, vol van die onskuld van ‘n tiener en sy liefde vir fee verhale… Miskien as ek al 100 bladsye getik het sal ek ‘n besluit maak.

Foto geneem deur Hanneliese Bredell

Advertisements