Ek en die digteres, Lizette Snyman
Ek en die digteres, Lizette Snyman

na kookpunt as die somermiddag simmer
en hadeda verwyte die lug in slinger
en die sonbesie stil-stil verdwyn
ek, sigaret en kan-wyn

spoel die middagwind soos ‘n gees
sy verkwikkende asem op my neer
neem my ver en my digter denke wil skryf
ek het ink in my hart en lyf

sinne raak sinneloos lus
om my oop te breek en verkwis
woorde stroom soos Pienaars-rivier
strofes vorm, ‘n tweede natuur

ek leef op nuut in elke letter
tewyl die laaste somerhitte
my muse stil-stil louter
en haar goud giet op my papier

my skatte is nie in geld gemeet
maar elke woord my bloed en sweet
en daardie Genade wat die talent vir my gegee het
en elke gedig my hart se eie amen…

(c) 2013 allen simpson

geinspireer deur gesprekke met Lizette Snyman tydens die aand van die Lieze Stassen Konsert te Pierneef teater

Advertisements