Muisneste: Stories van Muislandia

Storie 1

(lees deel 1 en deel 2 hier)

Deel 3: Die aanval op Piep-en-Griep

Miemie word wakker. Sy besef daar is ‘n geraas in die kamer langs hare. Dis mos Piep-en-Griep se kamer! Sy ruk haar kamer deur oop, hardloop na sy kamerdeur, gryp aan die handvalsel en swaai die deur oop. Sy sien hoe twee donker figure met die muisridder veg. Sy strek haar hande voor haar uit en begin saggies te neurie in haar tower taal. Die twee inbrekers word omring deur ‘n flikkerende groen mis en sy sien dat dit trolle is. Hulle arms en bene verander en word boom wortels en takke. Die takke kry blare, selfde gebeur met hulle koppe. Kort voor lank staan daar twee Mango bome waar twee trolle eers was. Piep-en-Griep hyg nog na sy asem.
“Sjoe, ek het gedink dis bokveld toe met my,” kreun hy. “Hoe lank duur jou towerspel, Miemie?”
Miemie knip oog. “Twee ure, maar ek kan die spel gouer kanseleer. Kom ons kry die ander twee. Sodra almal hier is, en gewapen kan ons die twee maaifoedies terug in trolle vernader en hulle vra hoekom hulle hier is.”
So gesê so gedaan en kort voor lank staan die viertal om die klein mangoboompies. Miemie klap haar hande en die boompies verander weer in trolle. Die twee trolle kyk bang na Piep-en-Griep se swaard, Miemie se towerstaffie en die kabouters se vuiste.
“Toe… praat, julle stink gevrete… hoekom wou julle my vang?” vra Piep-en-Griep kwaad en druk sy swaard teen die een trol se neus.
Die troll snik sommer dadelik krokkediltrane. “Moenie Drek sny nie, muis. Drek vra mooi.” Stammel die trol deur die trane.
“So jy is Drek.” Fluister die muis. Die trol knik sy kop. “Drek, vertel vir my hoekom julle my wou vang. Ek belowe as julle niks probeer nie, sal ons julle nie seer maak nie.”
Drek lek sy lippe af en snuif sy neus. ‘Ek en Vrek was lus vir muisvleis. Ons pa wil nie vir ons van sy muise gee nie. Hy wil hulle vet voer vir sy verjaarsdag en dan braai oor die kole,” Drek gee ‘n snik.
“Ja… ja… muis eet,’ sê die ander troll en sy ogies gloei honger as hy na Piep-en-Griep kyk.
“Wag ‘n bietjie!,” sê Miemie skielik. “Teresa het gepraat van Drokkgedrog se twee seuns, Drek en Vrek!” Sy beduie opgewonde na die twee trolle.
“Dis ons, feetjie, ons is Drek en Vrek!” Sê Vrek en giggel bang.

Pantoffel kyk Vrek stip in sy trol kykers vas. “Waar in die Dal is jou pa?”
Vrek bly stil en Piep-en-Griep druk sy swaard teen die trol se knopneus.
Stammerend verduidelik die troll waar hulle sy pa kan kry.
Stoffel glimlag. “Aha nou! Helfte van ons werk is gedoen. Ek dink ek plant gou ‘n bootjie in die blom pot, Pantoffel kan help, dan het ons die twee as gevangenes. Nou moet ons net hulle Pa vang en die koninklike tweeling red.” Stoffel gryp ‘n blompot en plant ‘n blou boontjie. Pantoffel hou sy hande uit na die blompot en kort voor lank is daar ‘n peul so groot soos watlemoen aan die rank. Stoffel knik vir sy broer en maak die peul oop. Binne-in is ‘n sywurmige tipe wurm.
“Dit is ‘n blou sywurm, hulle sy is sterker as tou. Ons weermag gebruik hulle om slegte trolle en ander goed mee te vang. Hulle is vinniger as kabouters” Hy beduie na die trolle en die sywurm seil na die twee met ‘n vinnige spoed. Die sywurm tol al in die rondte om die trolle terwyl hy spin en kort voor lank lê die twee trolle soos mummies toegedraai in die herberg kamer. Net hulle knop neuse steek uit.
Hy vat die sywurm, sit dit terug in die blou peul en Pantoffel klap sy hande. Die rank en peul krimp todat daar weer ‘n blou boontjie lê bo-op die pot. Hy gee die boon vir Stoffel en Stoffel bêre dit in sy sak.
“Nou kan ons in vrede vir Drokkgedrog gaan soek. Niemand kan die twee hier uit kry sonder ons hulp nie.” Sê Stoffel.

Die viertal kry al hulle besittings by mekaar, en toe hulle na die trol tannie van die herberg gaan verduidelik hulle vir haar dat hulle kamers nie skoon gemaak hoef te word vir die dag nie, en betaal haar vir nog ‘n aand. Die tannie is maar te bly vir nog gaste vir aand, min weet sy van Drek en Vrek, vasgebind in Piep-en-Griep se kamer!

Word Vervolg

(c) 1986 – 2017 Allen Wolfie Simpson

Fotos deur of Allen Wolfie Simpson of Hanneliese Bredell

Skrywers Notas:

Jammer Deel 3 is so kort. Ek is toe onder werk vandag, maar het darem ‘n deel van die verhaal vir julle getik sodat julle nie hongerlei aan Muisneste nie.

Lekker lees!

Advertisements