Die sanger sing van liefde,
tussen man en vrou,
liefde tussen nasies en wens
vir vrede
Hy sing sy hart uit
swart maskara soos trane oor sy wange
die verhoog is warm, hy sweet
hy word verblind deur ligte
maar hy sing vir vrede en liefde
hy hoop iemand hoor

Later
dis nag
hy loop huistoe
mense verstaan nie hoekom ‘n kunstenaar
anders lyk nie
staan ‘n kring om hom
noem hom satan aanbidder
gooi hom met klippe

hy veg nie terug nie
hy wens hulle vrede
hy wens hulle liefde

(c) 2016 allen wolfie simpson
‘n wareverhaal

Lees die Engelse weergawe van die gedig hier – The Vocalist

Advertisements