As daar iets wat my pyn in my anale area gee is dit vroue of mans wat al hulle probleme op die teenoorgestelde geslag blameer. ‘n Vrou wat kerm:”Alle mans is die selfde” of ‘n man wat kerm:”Al die vroue is die selfde” het nie klas nie.

Jare gelede het ek vir ‘n ambulansdiens gewerk en het elke dag met die bus werk toe gery. Dit was nog in die tyd toe Pretoria ‘n munisipale busdiens gehad het om op trots te wees. Daar was ‘n meisie op daardie bus wat ons sommer Aspersie gaan noem. Nou Aspersie het elke dag die selfde roete as ek gery in die bus en altyd gepraat van hoe sy en haar ‘booifrênd’ Vrydae by Maders Hotel gaan rinkink het. (Maders Hotel is ‘n skurwe plek waar jy my nooit sal sien nie). Aspersie het baie maandae met ‘n blou-oog werk toe gekom en gebrom oor hoe haar ‘ou haar gebliksem het’. En dan het sy gemompel hoe alle mans dieselfde is.

Na ‘n jaar van haar ‘blou-oog en kla’ verhouding het die man haar gelos vir ‘n nuwe slagoffer-ek-bedoel-meisie. Haar storie oor alle man wat die selfde is het minder geword en vir ‘n maand of twee was dit verfrissend om haar sonder ‘n blou-oog of ‘n kneusplek te sien. Toe ontmoet sy ‘n nuwe man. Dit was ‘n kwessie van twee maande toe sy weer by die bus instap met ‘n blou kol en ‘alle mans was weer dieselfde’.

Ek het later uitgevind hy was al haar vierde ou. In plaas van dat sy ophou om DIESELFDE tipe mans mee uit te gaan en leer dat daar ordentlike mans is wat nooit hulle hande vir vroue sal lig nie, is Aspersie vas gevang in ‘Dieselfde”-sindroom.

**

EK het ‘n vriend wat taamlik ryk en liefdevol is. Kort-kort het hy ‘n nuwe meisie en sodra sy duur geskenke uit hom het, binne ‘n kwessie van weke of maande, los hulle hom. Eendag ontmoet hy weer so ‘n meisie en sy raak swanger met ‘n kind. Hulle trou en na ‘n jaar toe skei hulle. Sy het iemand ander ontmoet. Sy ma wat genoeg gehad het van meisies wat haar seun misbruik kry dit toe reg dat hy die vrou met wie hy getrou het vra vir ‘n DNS-toets om te bewys die kind is syne… Die kind was toe nie syne nie. Eendag se hy vir my:’Alle vroue is dieselfde’.

EK is moeg vir mense wat verkeerde keuses bly maak en dan is dit altyd die teenoorgestelde geslag se kind. As jy met ‘n man-of-vrou-slaner of bly soek tussen ‘geldflêrries’ vir liefde is dit jou fout. Mense met ‘Dieselfde”-sindroom moet wakker word. Daar is goeie mense daar buite. Daar is gesonde verhoudings sonder geweld en afknouing en mense wat lief is vir mekaar sonder materialisme in hulle verhoudings.

Vir Fok, hou op om die ander geslag te blameer. Mans en vrouens is beide wonderlik, hou op om die slegte appels te trakseer op die hele mandjie appels.

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson

Verskoon die foto, dis sommer ‘n lelike foto van die hand op my muur

Advertisements