Die sproeireën van Februarie val tussen die krake van hoop en wanhoop
Iewers prys ‘n boer sy Skepper terwyl hemelse druppels sy land voed
Iewers huil kinders, vasgevang in die klas, en wens vir die son
Met ‘n selfsugtige droom om in die sand te speel

Karre wasem toe, die wêreld buite word sluiers
Iewers is daar ‘n groot kadoef
‘n taxi is in sy moer
die nat pad lag

Iewers sit ‘n ma
Haar trane word deel van die reên
‘My God, my God, ons het nie geld vir brood nie’

Waar is die groen gras?
Op jou werf of op die werf van ‘n ander?

© 2016 allen simpson

Dankie vir die lieflike Hanneliese Bredell vir nog ‘n meesterlike foto

Advertisements