In die begin was ons almal voëls met eenderste vere
Maar ons het begin verveer
Sommige het begin vervel
En het boosaardige slange geword
Wat in ons neste in geseil het en ons eiers
Gesteel het
Sommige van ons het laksmanne geword wat ons eiers
Sommer gaan sit het in ander neste

O mens is jy dom
Mens dom
Mensdom

Ons gun mekaar niks
Die lewe is ‘n dieretuin

Soos die voëls in ‘n Hitchcock-swerm
Word daar weer gestaak vandag
Iemand gaan sterf
Neste gaan gebrand word
‘Raka’ skree die pappegaai
“Gee en gee en gee” skree die honger aasvoëls

die wêreld is in sy moer

© 2017 Allen Simpson

Hitchcock swerm verwys na die Alfred Hitchcock fliek ‘The Birds’, ‘n gruwel prent waar al die voëls op aarde besluit om die mensDOM uit te wis

Advertisements