weet jy waar die somer blom,
o my moeder, o my son
weet jy waar die wêreld om haar as draai
o moeder, o my son

willewragtig ek weet nie meer
my hart is wild, my hart is seer
die pad is lank en so alleen
die wêreld is oud en teer

weet jy waar die ou dae draai
van sypaadjie eet met tjips en paai
van een liter coke en as die liter glasbottel slat
op die teer en in die pad

weet jy waar een sent chappies is
en kinders sonder ipods wat nog onskuldig is
weet jy waar my taal nog wettig is
weet jy waar my hart nog kan rus

aai, aai my witbos kraai
jou ode is dood deur YouTube verraai
aai, aai renoster koebaai
jou horing is verkoop aan ‘n jagse man op ‘n verre kaai

weet jy waar die somer blom,
o my moeder, o my son
weet jy waar die wêreld om haar as draai
o moeder, o my son

(c) 2017 allen simpson

Advertisements