pers en donker grys kolk
in Moeder Natuur se
Alchemistiese pot
bliksem
die strale
soos Jupiter se pyle
die wolke jubel
iewers ween ‘n kar-alarm
mistroostig
terwyl
die jubeltrane die aarde
was
soos ‘n doop vernuwe
my siel loop oor…
Amen-Ra rus sy sonoog
en wag
op die reenboog
terwyl wortels dankbaar sluk
en jy my saggies teen jou vasdruk

my hart sing hoera….

(c) 2012 allen simpson

Foto geneem op my verjaarsdag in 2015 te Potchefstroom Dam op ‘n reendag

Advertisements