Geel maan

lang verlore beloftes
ek en sy
‘n geel maan treur…

Sy het haar vere verloor
my kalkoen is dood
en die mampoer was goor…
Maar die geel maan verstaan…
(c) 2012 allen simpson

Paddatjie

Paddatjie, paddatjie kwaak vir die maan
boggelrug boggelrug bobbejaan
in die skemer agter ‘n bos
sit Antjie Somers en wag met ‘n stok
sy sal jou vang, stook en kook
en dan sal jy heelnag by stoute kindertjies spook…
(c) 2012 allen simpson
Sommer ‘n paar lawwe kort gedigte. Fotos deur Allen Wolfie Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements