buite drip nagreën donker geluide
en Impundulu flits sy strale
soos ‘n Zeus in treurlament
en dit is donker
‘n kers weën sy vlamtraan
soos ‘n nagtegal sopraan
in ‘n snik van was
tot die kers sterf
en daar is net eggos oor
in duisternis

(C) 2014 allen simpson

Digter notas:
Impundulu – mitiese werlig wese in die vorm van ‘n voël (Zoeloe)
Zeus – Griekse OpperGod wat krag oor weerlig het

Was lus om die gedig weer te deel. Die keer met ‘n foto.

Foto Model: Die Lieflike Hanneliese Bredell

 

 

Advertisements