In my verdwaalde drome waar my masker val
Soek ek jou gesig agter joune
Elke aand word ‘n maskerbal
In diep groen woude

Saggies fluister jy my naam
Soos ‘n nimf in die dennegroen
Amper asof jy, skaam
My met jou woorde soen

In my verdwaalde drome sien ek ‘n plek
Iewers tussen skadu en skemer
Dit lei my na jou, en ek
Voel alles in my mymer

Sal ek jou sien as jou masker val
Of is jy net ‘n wasem
Sal ek jou voel of is ek mal
In elke sagte asem

In my verdwaalde drome waar my masker val
Dryf ek soos op ‘n duister see en hoop ek vind jou wal

© 2017 Allen wolfie Simpson

laas week geskryf toe ek siek was
Foto ‘herskep’ vir die gedig

Advertisements