as die oog die venster van die siel is
wil ek dit toe wasem met my asem
en die vuil wegvee
as die hart vol kamers is
wil ek my glimlag ‘n stoflap maak
om die stof van seer weg te vee
as my woorde op dowe ore val
wil ek my woorde graveer op jou vel
waar jy nie kan vlug nie, maar dit kan lees

hou op haat…

ek wil jou ‘n samaritaan gee
wat jou wonde sal bind
wat jou kan lei na die put
waar jy oneisbare liefde kan drink
ek wil jou help om ‘n god te vind
enige een wat jou met liefde kan seen
maak nie saak wat die god se naam is nie
net as hy jou met liefde kan omring

sodat jy vergeet van haat…

(c) 2017 allen simpson

Foto geneem te Kaya Nkuni, Rustenburg

geinspireer deur ‘n sekere FB fariseer

Advertisements