in my drome teken ek
my eie boesmangraffiti op geblykte mure
hope en wense
en vertrou op die Mitiese Mag van MISKIEN…

Miskien kom ‘n engel en sien my wensmuur
en sal vir my antwoorde stuur
want elke prent het al krake op
in my siel het my grootste drome afgedop…

MISKIEN is my engel se naam,
en MISKIEN is so skaam…

(c) 2013 allen simpson

Foto geneem deur die talentvolle Hanneliese Bredell

Advertisements