die nag is lank en swaar
ek dra dit op my rug
en dis vol van verlange
my bene raak lam van die gewig
gewensde drome en hoop is so ver
ek dink aan jou, en smag na jou want

rock a bye, my baby, jy is ver van my

onthou-visioene, soos ‘n egipte plaag
maak lekker, maar ook so seer
my hart voel belemmer en teer
die stilte skree jou naam
en dit sink tot in my siel
gewensde drome en hoop is so ver
ek dink aan jou, en smag na jou want

rock a bye, my baby, jy is ver van my

‘n selfoon oproep voel leeg
ek soek jou stem op my vel
ek soek die hoendervleis as jou asem
saggies flikker op my oorbel
die hunkering is hel, my dear
gewensde drome en hoop is so ver
ek fokken dink sterk aan jou, en smag na jou want

rock a bye, my baby, jy is ver, so fokken ver…

(c) 2017 allen wolfie simpson

Advertisements