Ek behoort aan ‘n paar diggroepe op Facebook en die en, Solovlug het gereeld kompitisies. Hulle huidige kompitisie is ‘n Lantern Gedig kompitisie. Lantern gedigte het hulle ontstaan aan Japan te dankke. Dit is ‘n kort, beskrywende gedig wat bestaan uit die volgende vereistes:
1ste Versreël bestaan uit een lettergreep, 2de Versreël bestaan uit twee lettergrepe, 3de Versreël bestaan uit drie lettergrepe, *4de Versreël bestaan uit vier lettergrepe en die *5de Versreël bestaan uit een lettergreep, maar die llaste een moet ‘n sinoniem van die eerste versreël wees of ‘n woord wat aansluit by die eerste versreël.

Ek deel graag met julle 3 van my inskrywings en sal later die week nog van hulle deel.

Djinn* (Lantern)

lig
en jy
jou lantern
my spook glimlag
swart

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson

geinspireer 1001 Arabiese Nagte.
*Djinn is ‘n gees wat in ‘n lamp of ring bly en gense bewaar volgens Ou Arabiese legendes. My gedig is net ‘n bietjie…. donkerder…

Feniks (Lantern)

klim
met glo
op en uit
feniks wees braaf
styg

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson

*Fugit Tempus (Lantern)

tyd
vlieg uit
die Oog van
die Een wat kyk
wink

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson

*Fugit Tempus beteken ‘Tyd Vlieg’ in Latyn

Advertisements