Hier’s ek weer, hier’s ek weer met dig lanterns voor jou deur… Ek deel graag met julle nog van my inskrywings van die Dig Lantern kompitisie waaraan ek deel neem…

blinde geregtigheid

blind,
wysheid
wortels van die
geregtige
oog

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson

Geinspireer onderandere deur die Amerikaanse simbool vir geregtigheid wat ‘n blinde geblindoekte vrou met ‘n weegskaal in die een hand en ‘n swaard in die ander voorstel.

koraal liefde

hoor
jou hart
in kleure
koraalboom rooi
praat

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson

kweekwoorde (Lantern)

maak
bring voort
skep uit siel
woorde wat kweek
groei

(c) Allen Wolfie Simpson

Advertisements