Wanneer die t.v aan geskakel word:
nog ‘n boer vermoor
nog ‘n ongeluk op die pad
nog ‘n oorlog iewers
nog ‘n president wat in sirkels kak praatintussen sit die mense seer, bang of
besig om te spekuleer
oor hoe Jesus gaan kom op wolke
binne-kort
(soos presies ‘n duisend jaar gelede
ook binne-kort)
om al die probleme op te los

geloof is goed
maar mens kan nie wag vir ‘n ‘tweede koms’
wat miskien een duisend jaar ver is nie
lui-gat-hoop is kragteloos
en presies duisend jaar later
gebeur dieselfde goed
en Jesus het nie gekom nie
dak gewag dat mense hulle gatte lig
en dalk self die wêreld se probleme help oplos

geloof is goed
mens kan van geloof lewe
nes ‘n droog stuk brood
bietjie vol kan maak
dit is die personifikasie van seer
ons is te lui
om oplossings na die tafel te bring
en ons eie vars brood te eet
Amen

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson

Advertisements