Soms is daar in feestories
‘n vark in die verhaal
Wat twyfel en nie wil luister
Wat daai kamer oopsluit
Wat bloubaard verbied
Of wat gemmerkoekie huisies
Verober soos Hansie en Griet
Wanneer sewe sondes ons verlei
En ons ons vind in brakwater van berou
Moet ons leer om uit te klou
Trane af te vee
Want hoop sterf nooit en ken nie van nee…

‘N held moet altyd val voor hy solovlieg
Na swanger hoogtes
En geboorte gee
Aan lig
En donker lampe van twyfel
Uit die hart kan verhelder
Dus wees ‘n held vir jouself
Staan op en veg, jy!
Varkie! Wees ‘n valk!

(C) 2013 allen simpson

Advertisements