Vroeg oggend rëen in simfonie
Trane uit skemeroggend lug
Weerlig doen ‘n impunduludans
Dondersange roep my terug

Na hunkering

Oggend koue hoendervel my
Iewers tjank my ou tefiebrak
‘N soloverdriet teen die nat
My koffie koud, blou vergete

In hunkering

Na jou melkkos en kaneel
Toe jy nog by my was
En my kon troos
Op ‘n koue dag

Al wat ek nou het
Is ‘n hunkering

(C) 2013 allen simpson