niks lag sonder tande
niks is leeg en stukkend
niks is vol van weemoed
niks word klein
kleiner
‘n stof korreltjie
‘n atoom
‘n memory

wat weg waai…

iets was gewees
iets het asem gehaal
iets wat niks geword het
in die donker nag

‘n hart wat stop
nie van die dood nie
maar van die lewe

ons maak mekaar dood
want ons sien
maar wil nie sien nie
ons hoor
en gee nie ‘n fok om nie

want dit is mos niks
dis mos nie ek nie
so ek sal nie sien nie
so ek sal nie hoor nie
iets

wat weg waai…

niks

(c) 2017 allen simpson

Advertisements