Ek en Pokemon loop ‘n lang pad. Sien toe ek jonger was en saam met my vriende hulle klein boeties  of sussies op gepas het was daar ‘n TV reeks oor ‘n outjie genaamd Ash wat die wêreld rond gereis het met oulike diere. Een van hulle was ‘n geel rot wat weerlig kon skiet genaamd Pikachu. Hulle   het dan teen ander diertjies geveg   en die diertjies in balle gevang. In elke episode moes Ash probleme oplos en mense help en ek het daarvan gehou juis oor dit want dis goeie morele om mense wat probleme het te probeer help. (Daar was ‘n paar fucked up mense met skewe gelowe wat gedink het Pokémon is duiwels – blybaar is morele waardes van satan af)

Later het ek uit gevind daar is Pokémon speletjies en toe van hulle begin speel. Ek het selfs ‘n paar Pokémon speletjies by die werk op rekenaar gesit, want om Ambulans beheerkamer werk te doen was soms vervelig dan kon ek Pokémon speel. SO het die jare aan gestap en Pokémon het groter geword. Toe kom ‘n speletjie wat die hele wêreld aan die brand gemaak het van opgewondenheid. Lui mense kon nou Pokémon speel deur uit die huis te stap met hulle fone. In plaas van om net agter ‘n rekenaar te sit, kan jy nou jou voete lig, rondloop en Pokémon vang EN oefening in kry (selfs ek het ‘n paar Kilogramme verloor). Die speletjie is Pokémon Go (Ek noem hom Pokemon Gô want ek loop soms my bas af wanneer ek dit speel).

In ‘n Wêreld waar kinders nie meer baie buite speel nie, en meer vas genael is aan hulle Wii en PlayStations dink ek Pokémon Go is ‘n fantastiese ding. Ja, daar is seker ‘n negatiewe sy ook aan dit want kinders loop glo oor die straat sonder om links en regs te kyk (Ek blameer hulle ouers want myne het my mooi van links en regs geleer). Gun jou kinders die reg om oefening in te kry en vars lug in te asem. Laat hulle speel.

© 2017 Allen Wolfie Simpson

Advertisements