Wat wil ‘n digter hê?
Roem?
Nee wat, roem bring probleme
Roem gee geboorte soms aan snobisme
Of die arme bekende word mal
Onder die druk
Van genadelose roem.

Wat wil ‘n digter hê?
Rykdom?
Geld koop nie geluk nie
En die wêreld werk hard
Om jou van jou sente te verlos.

Wat wil ‘n digter hê?
Ek wil my hart uitpraat
Dinge deel wat ek sien:
Die glorieglans van oggendsongroet
Die druppel dou wat ‘n blaar vasklou
Die hadeda hallelujas wat bruis tot in my siel
En selfs ook dinge, dinge wat kan verniel
Ek wil digter bly vir ewig
Al is dit net nog ‘n minuut
Om my hart op ink te bloei
Oor die lewe te peins
En in woorde uit te giet.

(C) 2013 allen simpson

Vir my mede digters, vir ons

Advertisements