Kyk die Wolf is lief vir eksperimenteer in die kombuis. Nou onslangs het ek ‘n
resep vir Serwiese Boon Bredie ontdek op YouTube en dit het so lekker geklink
dat ek toe besluit het om die resep aan te pak. Die resep bestaan uit 4 fases.

Serwiese Boon Bredie

Fase 1 Verdrink die bone

Die belangrikste deel van die resep is dat jy vir 12 ure voor die tyd 500
gram wit boontjies moet week in water. Dit rehidreer die bone.

Fase 2 ‘n Pot bone

2 tls worsvet
1 tl koljander sade
2 roosmaryn takkies
Gekapte ui
5 knoffelhuisies
2 L Water
500 gr ‘Verdrinkde’ bone

Vat 2 teelepels wors vet en smelt in ‘n pot. Gooi Koljander saad, 2 roosmaryn
takkies, een gekapte ui, en 5 knoffel huisies by en kook vir 10 minute. Gooi dan
2 liter water by en jou 500 gram verdrinkde bone. Kook vir 3 ure

Fase 3 Die spesery doepa

2 tls Wors vet
1 tl meel
1 t Paprika
1 koppie versapte rooi green  Peppers

In ‘n pan gooi 2 tls Wors vet en roer 1 tl meel in, soos outydsekaas sous en dan gooi jy die 1 t Paprika, en 1 koppie versapte rooigreen Pepper in en roer gereeld tot dit ‘n lekker sousie vorm. Gooi dan die sousie (Spesery doepa) by die pot bone, meng lekker met ‘n hout lepel sodat hulle kan begin gesels met mekaar.

Fase 4 Vark en Boon trou

800 gr Worsies (verkieslik vark worsies want dit werk die beste met bone)

In ‘n pan maak die 800 gr worsies gaar tot hulle bruin is (Moet nogsteeds sappig
wees en asseblief moet nie die bleddie goed droog bak nie). Wanneer die worsies
gaar is sit dit by die bone en laat dit op ‘n rustige hitte borrel (prut) vir ‘n uur lank.

Skep op en lekker eet. 3 tot 4 mense se magies behoort gevul te word. Dit is vrek
lekker. Wel hier is die resep, ek hoop julle kan dit volg, ek is nou nie ‘n
ekspert met resepte neer skryf nie en het maar uit my notas die resep vir julle
geskryf.

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson

Advertisements