Wat weet ‘n man van ‘n vrou se pyn, van geboorte gee, van maandstonde,
van hoe oud al die aktrises word in die tydskryfte
en hoe vrou voel as Angelina se foto so oud lyk (en jirre sy is so oud soos ek?)
wat weet ‘n man van ‘n vrou se pyn

wat weet ‘n vrou van ‘n man se pyn, wanneer hy praat uit sy hart uit oor
iets diep en mooi en sy het nie eers geluister nie
en dan in die middel van sy mooi storie
praat sy oor angelina se donnerse plooie

wat weet ‘n man vrou van al die moeite wat ‘n vrou man doen agter die stoof

wat weet ‘n vrou man as ‘n man vrou haar hom komplimenteer oor haar sy kos en sy hy hoor nie

wat is pyn? pyn is misverstande

pyn is skree, toe deure wat klap, huil, trane, egskeidings, pyn is so doof, dit fokken skree

(c) 2017 allen wolfie simpson
geinspireer deur pynlike verhale. Die lewe is ironies…. sug gerus saam

Advertisements